Assessering in die Opvoedkunde: 'n Praktykgerigte en Christelike benadering vir onderwysers
Jeanette du Plessis in samewerking met Olga Channing
Beskikbaar: 155 in voorraad
SKU: 2136
Kode: 9781990954979
Assessering is 'n belangrike aspek in die onderwys wat 'n aanduiding gee van die onderrigsukses wat behaal is in die klaskamer. Indien assessering vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing benader word, kan dit as 'n wonderlike geleentheid dien om 'n mooi verhouding met die leerder te ontwikkel. Dit kan lei tot wedersydse groei en ontwikkeling by die leerder sowel as die onderwyser. Die inhoud van hierdie handboek is gebaseer op 'n module wat deur Jeanette du Plessis in samewerking met Olga Channing ontwikkel en aangebied is. Beide persone is verbonde aan die Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros), waar hulle as dosente asook departementshoofde met jarelange onderwyservaring, die noodsaak van praktykgerigte assessering vanuit 'n Christelike perspektief besef. Die handboek begelei die student deur die totale assesseringproses wat van toepassing op alle fases van 'n skool is. Die inhoud behoort saam met die onderskeie vakspesifieke assesseringsriglyne, soos uiteengesit in die KABV, asook die nuutste beleide oor assessering bestudeer te word.