Augustinus - 'n Studie oor die etiek van 'n kerkvader uit Afrika
Skrywer: J. H. van Wyk
Uitgawe: 2019
Grootte: A5
Bladsye: 233
SKU: 1933
Kode: 9781928357667
Augustinus was een van die grootste teoloë wat ooit geleef het. Sy lewe en geskrifte het die Westerse kerk-, teologie- en kultuurgeskiedenis ná hom radikaal beïnvloed. In hierdie boek ondersoek die outeur die etiek van die kerkvader vanuit 'n populêr-wetenskaplike oogpunt en hy wys veral op die betekenis daarvan vir Suidelike Afrika. Navorsers, studente en belagstellende lesers sal die boek insiggewend en inspirerend vind.