Hierdie boek is een van die mees omvattende en wetenskaplik-gedokumenteerde biografië wat nog ooit oor die bekende digter, Bybelvertaler en Psalmberymer gepubliseer is.
Die man waaroor dit gaan se eintlike naam is Jacob Daniël du Toit. Sy digtersnaam Totius het hom beroemd gemaak - wêreldberoemd . . .
Hy was 'n uitmuntende student - nege doktersgrade, 'n Kaapse rebel saam met die Boeremagte in 1899-1900, 'n bekende digter in die jong Afrikaanse taal, 'n predikant, 'n produktiewe skrywer, 'n professor in teologie, 'n Bybelvertaler, 'n Psalmberymer, 'n kerkleier, 'n taalstryder, 'n volksman, 'n kultuurleier . . .
Dit is Totius . . .