Elle-reeks Omnibus 1

Skrywer: Christien Neser
SKU: 1035
Kode: 9780799394795
R320,00

Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in 'n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.

Elle word gedeing om 'n paar superhipermega-aaklige dinge te doen.

Sy moet:

1. Saam met haar ouers op 'n vakansie na Botswana gaan waar daar zero selfoonontvangs is.

2. Teen haar wil tyd saam met die beterweterige, irriterende, chauvinistiese Mostert-broers deurbring.

3. Na 'n nuwe skool - en koshuis! - gaan.

Maar miskien het die donker wolk tog 'n silwer randjie. Die Mostert-broers, Divan en Alex, is toe nie té sleg nie. Hulle skool is naby Elle se nuwe een wat beteken dat sy twee bekende gesigte sal sien. En sy kry gelukkig 'n oulike kamermaat in die koshuis wat een van haar beste vriendinne word. Koshuispret en 'n interessante staptoer is maar van die avonture wat op Elle wag ...