Henk se Avontuur met die Bos-eier
Skrywer: Karina de Kock Illustrasies: Ruan Smith
SKU: 0839
Manufacturer part number: 9781998976201
Henk se Avontuur met die Bos-eier
By die huis gekom, gaan Henk reguit na sy kamer. Hy haal 'n ou skoenboks uit die kas, sit 'n klein handdoek binne-in en sit die eier bo-op. Daarna gooi hy nog 'n handdoek bo-oor die eier. Hy het by Oupa gehoor dat eiers warm gehou moet word, as jy wil hê dat dit moet uitbroei. Watter eier dié ook al is, hy wil hê dat dit uitbroei.