Insigte uit Opvoedkundige Sielkunde

Irma Eloff & Estelle Swart
Uitgawe: 2018
Grootte: A5
Bladsye: 544
Voorraad: 8 Beskikbaar
SKU: 1897
Kode: 9781485129011
R590,00

Insigte uit Opvoedkundige Sielkunde spruit uit die werk van navorsers en praktisyns van sestien Suid-Afrikaanse universiteite. Skrywers verskaf kort en bondige insigte oor hedendaagse Opvoedkundige Sielkunde in Suid-Afrika. 

Die boek is 'n omvattende versameling van temas en voorbeelde wat die kompleksiteite van Opvoedkundige Sielkunde as 'n ontwikkelende vakgebied in Suid-Afrika op 'n kontekstueel relevante, genuanseerde wyse aanbied. 

Die boek: 

  • dek 'n veskeidenheid temas en sluit onderwerpe soos onderrig en leer, onderwysers, kognisie, taal gesondheid en weldstand, insluitende onderwys, skole, loopbane en opvoedkundige sielkundige ondersteuning in.
  • verskaf insigte in sekere van die die grootste uitdagings waarmee opvoedkundige sielkundiges te make het.
  • bied innoverende benaderings tot muti-dimensionele uitdagings op individuele en sistemiese vlakke binne Opvoedkundige Sielkundige aan, insluitend die inherente geleenthede wat aangetref word binne konteks met groot uitdagings.
  • suggereer kontemporêre interpretasies van Opvoedkundige Sielkunde plaaslik, terwel dit terselfdertyd bydra tot die globale diskoerse in die dinamiese vakgebied.
  • is in 'n hoogs toeganklike skryfstyl geskryf.

Insigte uit Opvoedkundige Sielkunde is gemik op navorsers en studente in Opvoedkundige Sielkunde en Opvoedkunde. Dit kan met vrug gebruik word deur voorgraadse studente as 'n inleiding tot die studieveld, maar dit kan terselfdetyd ook vir navorsers as 'n hulpbron dien om insig te verkry in die mees onlangse navorsing en intervensies in Opvoedkundige Sielkunde. Die boek kan ook deur onderwysers gebruik word om insig te verskaf rakende die sielkundige dimensies.