Die kerkgeskiedenis handboek vir Graad 12 is deur dr Morné Diedericks, verbonde aan Aros, in opdrag van die ICO geskryf. Kerkgeskiedenis is nie ‘n vak wat deur KABV voorgeskryf word nie, maar word by ICO skole aan verbondskinders aangebied om hulle meer te leer oor die Nuwe Testamentiese Kerk. Die handboek wil deur die beskikbaarstel van inligting oor die Nuwe Testamentiese Kerk aan die leerlinge laat sien hoe die Here sy kerk deur al die eeue heen bewaar. Terselfdertyd maak dit die leerlinge ook bewus van die listige aanslae wat die Satan op die kerk van Christus loods. In die bestudering van die kerkgeskiedenis val die klem altyd op die groot dade van die Here en hoe Hy ook swak nietige mense as instrumente in sy hand gebruik om die koninkryk uit te brei