Kan die aansprake van die Christelike geloof onder die gewig bly staan van sekerheid bo redelike twyfel? Of swig dit onder die fel kritiek van skeptici soos wat populêre opinie dikwels wil hê?
In hierdie bundel word 14 onderwerpe byeengebring om 'n vlugtige blik te bied op die wye spektrum van fokusareas in die Christelike apologetiek. Uit verskeie belangrike dissiplines van die mens se soeke na die waarheid en integriteit word aangetoon hoe die Christelike wêreldbeskouing daardeur verlig en belig word. Die gepopulariseerde toepassing van kennis uit ondersoekvelde soos die geskiedenis, wetenskap, filosofie, kultuurskepping en algemene menslike ervaring dien alles as voorbeelde van hoe die Christelike geloof allermins daardeur ondermyn word, maar dat dit juis die konteks bied vanwaar die Christelike geloof beter verstaan en waardeur kan word.