In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.
In Trompie die vegter moet die Boksembende se Grootkaptein 'n boelie op sy plek sit, veral nadat die gemene seun vir Dawie seermaak.
In Trompie die krieketspeler moet Trompie met 'n suinige ryk seun onderhandel om sy krieketkolf vir hom te leen. Maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding na die ander skeef.
En in Trompie die filmster is Kwaggaberg in rep en roer wanneer tonele vir 'n Afrikaanse rolprent op die dorp geskiet word. Sal die niksvermoedende filmspan al Trompie en sy beroemde en berugte Boksombende se kattekwaad oorleef?
Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!