Trompie Omnibus 7

Skrywer: Topsy Smith
SKU: 1489
Kode: 9780798178648
R200,00

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.

In Trompie die sportman is die rugbyseisoen om die draai en Gerrit Moerdyk, 'n seun met wie Trompie nog nooit klaargekom het nie, sê vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie.

In Trompie die hanswors besluit Trompie en sy maats om hulle toneeltalente uit te leef as die "Vier Mal Hansworse" om 'n paar ongelukkige weeshuiskinders op te beur. Hulle besluit om by die sirkus te gaan werk en Trompie kty 'n kans om die hele dorp met dy streke te vermaak.

In Trompie die reisiger skryf Trompie in vir 'n kompetisie. Die prys vir die wenner en 'n maat van sy keuse is 'n reis in 'n vliegtuig na Kaapstad en Durban, met boonop nog ekstra sakgeld ook! Die vraag is net: Watter een van sy maats gaan hy kies as hy wen?

Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!