Trompie Omnibus 8

Skrywer: Topsy Smith
SKU: 1490
Kode: 9780798180375
R200,00

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories waarin die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit word!

In Trompie die kaptein besluit die Boksombende om in die kloof te gaan swem en die grotte daarbo te verken. Hulle heet egter 'n probleem: die laerskooloutjie, Asjas, wil met alle geweld saam met hulle gaan en beland amper in lewensgevaar.

In Trompie die alleenloper ontmoet Trompie die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het. Ongelukkig is hy nie die enigste ou wat 'n ogie op Rosa het nie. Sy drie vriende raak bekomerd oor hom, want vir die eerste keer oortree Trompie hul reël om alleenlopers en meisiehaters te wees! 

In Trompie die atleet raak Trompi siek net voor 'n belangrike wedloop. Hy moet sy plek in die span verdedig deur mee te ding teen 'n nuwe seun, Hanno, wat nie net op die atletiekveld vir hom kompetisie is nie.

Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!