Tussen Hamer en Aambeeld Deel 4: Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis
In hiedie laaste deel van die reeks word die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis behandel. By die behandeling hiervan geld dieselfde uitgangspunt as in die vorige dele: aandag word gegee aan die sake wat vir die gereformeerde gelowige in Suid-Afrika van betekenis is. Die onderwerpe wat behandel word, het dus betrekking op die kerke wat hul geskiedenis terugvoer tot, verwant is aan die kerk deur die koms van die Nederlanders in 1652 in Suid-Afrika gevestig is.