Willem die Witgatboom is 'n besondere boom. Sy wortels is baie diep. Selfs as dit droog is en vir maande nie gereën het nie, bly sy blare nog groen. Hy beteken baie vir die mense en diere van die Kalahari, en elke dag kom kuier sy vriende vir hom. Maar dan dreig daar gevaar ...